Wednesday, October 14, 2009

14 Oktober 2009, Warm sonnige weer..

Hallo aan julle almal, uit 'n lieflike sonnige Perth!
Ons geniet tans heerlike warm weer en benut die sonskyn ten volle! Het selfs blomme in potte geplant en Isabel is al te gretig om dit nat te ly;)

Christo se ma is vanaf 3 Oktober uit Paarl hier vir 'n maand se kuier tot 4 November. Isabel speel baie lekker saam en floreer op al die ekstra liefde en aandag wat haar Ouma "Letta" haar gee. Ons besoek parkies, die rivier en die strand en is bly om al hierdie mooi en prettige oomblikke saam te deel;)

Dit gaan baie goed met ons, alhoewel ons steeds enige oomblik hierdie pragtige land met goeie vooruitsigte en veiligheid sal veruil om daar by julle, ons geliefdes, ons tyd te spandeer en lewe te leef! Tog vertrou ons die Here, en glo dat Hy 'n plan vir ons lewens het! Hy se dan so in Sy Woord?!!...

Jeremia 29:11 "...Ek weet wat ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!.."

Ons verlang baie na julle en is dankbaar vir die van julle wat so gereeld met ons in kontak tree. Dit is altyd goed om te hoor wat in julle allerdaagse gebeur en ons dink aan en bid gereeld vir julle.

Liefde groete,
Anja

19 Sep 2009 Isabel en kangaroes..





Ons was hierdie naweek in Donolly River waar Isabel oulik die kangaroes met die hand gevoer het;) Eers beleef, wou sy nie ophou nie en het sy drie sakke se "pellits" vir die groepie kangaroes gevoer! Sy het dit so geniet en het hul saggies gestreel en ook mooi gevra: "spring, kannenoe, spring,... asseblief?" Die kangeroes se pelse is sag om te vertroetel en hierdie groepie was baie mak gewoond aan aandag;) Christo was selfs deur 'n mamma toegelaat om aan haar "joey" in haar buidelsak te vat! 'n Ware AUSSIE belewenis!!