Saturday, October 4, 2008

Welkom by Die Kotzé gesin se eie 'blog'..!!!

Hallo aan al ons familie en vriende:) Ja, ons drietjies het nou ons eie 'blog' en kan julle so op hoogte hou van waarmee ons besig is en fotos wys. Dinge gebeur nou vinnig en ons behoort teen November na Perth, Wes-Australie emigreer. Ons hou 'n AFSKEID spitbraai op Saterdag, 25 Oktober 2008 om 14h00 by ons huis en hoop om julle almal daar te sien. Ons harte is vol opgewondenheid alhoewel ons hartseer is om julle almal agter te laat en ons gaan baie verlang!! Hoop julle geniet 'n gereelde kuiertjie aan Die Kotzé gesin 'blog'..
Groete, Christo, Anja en Isabel

No comments: