Wednesday, October 14, 2009

14 Oktober 2009, Warm sonnige weer..

Hallo aan julle almal, uit 'n lieflike sonnige Perth!
Ons geniet tans heerlike warm weer en benut die sonskyn ten volle! Het selfs blomme in potte geplant en Isabel is al te gretig om dit nat te ly;)

Christo se ma is vanaf 3 Oktober uit Paarl hier vir 'n maand se kuier tot 4 November. Isabel speel baie lekker saam en floreer op al die ekstra liefde en aandag wat haar Ouma "Letta" haar gee. Ons besoek parkies, die rivier en die strand en is bly om al hierdie mooi en prettige oomblikke saam te deel;)

Dit gaan baie goed met ons, alhoewel ons steeds enige oomblik hierdie pragtige land met goeie vooruitsigte en veiligheid sal veruil om daar by julle, ons geliefdes, ons tyd te spandeer en lewe te leef! Tog vertrou ons die Here, en glo dat Hy 'n plan vir ons lewens het! Hy se dan so in Sy Woord?!!...

Jeremia 29:11 "...Ek weet wat ek vir julle beplan, se die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!.."

Ons verlang baie na julle en is dankbaar vir die van julle wat so gereeld met ons in kontak tree. Dit is altyd goed om te hoor wat in julle allerdaagse gebeur en ons dink aan en bid gereeld vir julle.

Liefde groete,
Anja

2 comments:

Anonymous said...

Hi Anja

So lekker om altyd nuus van julle af te kry!! Ek is bly dat dit so goed gaan met julle. Die kinders is darem baie gelukkig om soveel liefde en aandag by die oumas te kry. Stijn se ouma het ook nou kom kuier van die Kaap af. Te lekker!!! Julle meisiekind word net pragtiger by die dag!!! Sê asb groete vir Christo en soentjie vir daai prinsessie!!

Liefde groete
Tricha

Anonymous said...

Hi Anja
Popped on to yuor blog for the first time. You are very dedicated in keeping all your family and friends up to date with what is happening with you and your family. So pleased to hear that you have settled in and are enhoying your new life in Perth. Believe me I know just how you felt and sometimes do feel after having been so far away from our loved ones for so long. Your faith however is as strong as ever and it gives me much joy to know that you and Christo look to God for direction and comfort at all times. Yes my sweetheart, He does know everything about us down to the tiniest detail and as long as you both continue to trust in Him you will always find comfort and peace. Do enjoy the visit with your mom-in-law. Regards to Christo.
Love
Toni