Friday, September 4, 2009

Lente bring die nuwe...

Lentedag - 1 Sep 2009.

Foto geneem voor wildeblomme in Kingspark.



4 September 2009, Lente bring die nuwe.

Vandag is ‘n heerlike sonnige en warm dag buite en dit voel of die lente uiteindelik hier in Perth ook isJ Ek het reeds vroeër vir Isabel na die parkie in die straat af geneem... oral langs die pad is die bewyse van nuwe lewe. (in die fototjie hierbo, hou sy 'n wilde blommetjie vas wat sy self gepluk het, in die fietstrap verbygaan) Pragtige bloeisels en blomme pruik geurig om ons en sommige bome se nuwe blaartjies spruit uit. Die voëls sing en vlieg ook vrolik rond!

Wat ‘n wonderbaarlike God dien ons nie!! Hy het vir ons soveel pragtige dinge om ons geplaas om ons te herinner dat ons kosbaar en lieflik in sy oë is.


Ek word nou herinner aan die volgende verse in die bybel;

Matthew 6:25-32 (New International Version)

Do Not Worry
25"Therefore I tell you, do not worry about your life, what you will eat or drink; or about your body, what you will wear. Is not life more important than food, and the body more important than clothes? 26Look at the birds of the air; they do not sow or reap or store away in barns, and yet your heavenly Father feeds them. Are you not much more valuable than they? 27Who of you by worrying can add a single hour to his life?
28"And why do you worry about clothes? See how the lilies of the field grow. They do not labour or spin. 29Yet I tell you that not even Solomon in all his splendor was dressed like one of these. 30If that is how God clothes the grass of the field, which is here today and tomorrow is thrown into the fire, will he not much more clothe you, O you of little faith? 31So do not worry, saying, 'What shall we eat?' or 'What shall we drink?' or 'What shall we wear?' 32For the pagans run after all these things, and your heavenly Father knows that you need them.


Is dit nie ‘n blye boodskap; die wete dat elkeen van ons vir die Here baie belangrik is!!

Buite dobber die pelikane lui op die rivier en die kraaie bak en gaap in die son. Isabel slaap rustig en ek geniet ‘n “croissant” met kaas en ‘n koppie Ceylon tee terwyl ek ‘n tydjie inruim om vir julle te tikJ Die lewe is vandag ‘n lied!

Tog is elke dag nie so vir my nie; sommiges is vol verlange of hartseer en soms verstaan ‘n mens nie hoe hierdie boonste bybel verse kan sin in die lewe maak nie. Wanneer my hart pyn en hunker na geliefdes wat vêr is se nabyheid en ek vra vrae oor sekerheid in die lewe se moeilike besluite. Wanneer ons bid vir wysheid en krag, maar dit voel nie of die Here hoor nie en wanneer die lewe moeilik en onregverdig voel. In tye wanneer emosies ons denke oorneem en ons frustreerd na antwoorde soek.. MOET ons onthou!; dat ten spyte van my gevoelens...

Ek vertrou in my Skepper en dat Hy in beheer is van my lewe, soos ek Hom toelaat.


Vriende en familie, weet dat ons aan julle dink en steeds verlang. Hoe kan ons dan nou sulke spesiale mense soos julle, ooit vergeet?

Bly in kontak en te laat weet hoe dit met julle gaan?

Groete, Anja.

No comments: