Wednesday, August 19, 2009

Bietjie nuus; Woensdag,19 Aug 2009

Woensdag, 19 Aug 2009.
Dit gaan nogsteeds goed met ons hier alhoewel ons steeds baie verlang!! Hoe wonderlik sou dit gewees het as ons almal nou saam was...
Het nou al vir die afgelope 2 weke aanmekaar reen en begin nou ingehok voel... die parkies is nat en ons kan nie eers vir klein Bellie swaai nie:( Nou, ja, sy is so soet, dat ons selfs die winkels met haar kan aanpak en nou en dan neem ek haar na 'n binnehuise speelpark. En natuurlik gee sy glad nie om om televisie te kyk nie en vra daarna.
Christo is besig by die werk en het hierdie week 'n kurses wat hy bywoon. Ek maak steeds huisskoon en Isabel hou my andersins baie besig.
Onthou asb om van julle ook te laat weet en in kontak te bly..
Groete, Anja

1 comment:

Natasha Rademeyer said...

Hi Anja, Christo en Isabel.

Van 'n mede Suid Afrika verlater, wil ek net se ek dink julle doen baie goed 9 maande in. Die verlange word minder, al verstaan mens nie lekker hoekom jy so ver weg is nie. Jy begin ook later meer en meer vriende maak en voor jy weet is jou nuwe tuiste jou huis. Vasbyt die moeilike tye gaan ook verby. Ek is al vier jaar in Engeland en ek het nogsteeds so elke 6 tot 7 maande daardie erge verlange.

Ek bid vir julle en ek hoop die mense van Perth ontvang julle met oop harte en laat julle tuis voel. Dit sal nie dieselfde wees as by die huis nie maar tog goed.

Mooi bly
Natasha