Wednesday, August 19, 2009

Vrydag, 22 Mei 2009

Vry, 22 Mei 2009

Hallo liewe vriende;)

Dit gaan nog baie goed met ons en ons is gelukkig. Christo geniet nog sy werk en wag steeds dat die maatskappy nuwe projekte inwin. Ons liefste dogtertjie is steeds pragtig en gelukkig en hou ons baie besig.. Isabel word so vinnig groot en ons geniet al ons kosbare oomblikke saam met haar so baie!

Ons het die afgelope twee dae en nagte vir die eerste keer die storms in Perth beleef... het nooit gedink dat die wind so woes kan woed terwyl dit die reen wild rondwaai en om die huis loei nie... Wanneer ons by die boonste verdieping op die rivier uitkyk, kyk ons vas in wilde kabbels en golwe wat teen die rivierbanke vaslaan en sproei oor die fietspaadjie langs die snelweg. Dan kom daar digte wolke van ver af aan en binne minute is die rivier onsigbaar met die reen wat om en teen ons huis vasgewaai word. Nou het die wind die koue saamgebring en trek ons snoesig warm aan!

Ons dink nog baie aan julle almal en verlang na die wonderlike tye wat ons saam gedeel het en wens dan ons kan by julle wees.

Dan sluit ek hierdie kort nuusbriefie af met baie goeie nuus;
Die vliegtuigkaartjies is reeds bespreek - my liefste man gaan ons aan julle afstaan en alleen tuis bly en verlang - ek en Isabel kom vanaf 13 Junie tot 13 Julie ('n maand lank!!) kuier in Suid-Afrika!!
Ai, ek is so opgewonde!!!, want nou kan ek elkeen van julle weer sien, 'n drukkie gee en kyk hoe jul kindertjies grootter geword het en lekker saam gesels en kuier;>

Baie liefde en drukkies xoxox

No comments: