Wednesday, August 19, 2009

Nuusbriefie, Saterdag, 24 Jan 2009

Saterdag, 24 Januarie 2009
Hallo julle:) Toe ek nou die datum hierbo tik, onthou ek weer dat Isabel vandag 18mde oud is, ai, tyd vlieg so vinnig verby en elke oomblik van die lewe is so kosbaar dat mens die beste daarvan moet probeer maak. Dit gaan nog goed hier by ons. Die weer was vir die afgelope twee weke tussen 26-32'C maks per dag en dit was meer soos weer waaraan ons gewoond is, met effe bewolktheid (sonder reen natuurlik). Ek was gisteroggend vir die eerste keer by die Suid-Afrikaanse winkel in Osborne Park, omdat ek graag Sunlight wasseep (die groen blokkie) wou kry om gevlekte kolle uit Isabel se klere te was. Dit was vir my lekker om al die bekende produkte te sien en het bietjie gehelp met die verlange. Ek kom nou terug van Aoki Hair, ek het my hare gesny en strepies in laat kleur en ek dink dit lyk baie mooi. Albei haerkappers wat daar werk kom van Suid Afrika, die Afrikaanse een het my hare gedoen en ons het lekker gesels. Toe het ek gou (in die wind) met my hare huistoe geloop, terwyl Christo laat weet het hy is Bunnings toe en sleutel is vir my in posbus gelos. Nou gebruik ek gou van die geleentheid om 'n vinnige briefie te epos, totdat ek later op Skype kan gesels. Het hierdie week baie hard in die huis gewerk en volgens beplanning elke dag iets gedoen. Was en stryk op Maandae en Donderdae. Maar moet ook elke tweede dag badkamer skoonwas. Dan moet 'n mens vee,mop en stofsuig inpas en dan ook nog meubels afvee/afstof en behandel. Daar is net soveel werk dat ek regtig elke dag moet skoonmaak om dit skoon te hou. Ek het ook in die tuin uiteindelik die blommetjies geplant en die bedding agter skoongemaak, maar moet nog voor die huis ook. Isabel speel en help my al te oulik, alhoewel sy soms net ekstra werk vir my by maak. Ek vergeet om te vertel dat sy nou die afgelope week begin het om te probeer spring. Ag jinne, julle moet sien.. haar armpies swaai agtertoe en dan buig sy vooroor of sy gaan vlieg, net voor sy 'n sprong (baie effe) gee! Ons het vanoggend weer en die afgelope ruk darem steeds fotos geneem en ek wil sit en 'n paar in 'n Word document plak met byskrifte om te verduidelik. Moet net tyd maak, gewoonlik as ek voor die laptop kom sit, wil sy op my skoot, en dan kry ek nie kans vir briefies tik of fotos of enige ander programme/dinge nie. Het gedink ek sal wanneer sy slap, sal tydjie spaar. Hoor nou die motorhuisdeur en weet die twee is terug van Bunnings, gaan dus groet. Onthou my om te vertel van die komende vakansie dag, Maandag en die res van die week wat verby is as ons later gesels. .. DRUKKIES xxoxoxoxo

No comments: