Wednesday, August 19, 2009

'n Briefie na ons kuier in RSA; Maandag, 20 Julie 2009





Maandag, 20 Julie 2009

Hallo almal:)
Dit was wonderlik om geliefdes en vriende weer te sien! Baie dankie dat julle saam met my en Isabel gekuier het, ons het dit baie geniet! Bly ek kon sien dat dit goed gaan met julle.
(Ek het ‘n album op Facebook geplaas en van julle in fotos gemerk, gaan kyk?! )
Ons het laas-Dinsdagmiddag in Perth aangekom en was baie bly om Christo weer te sien, het baie verlang!
Van vroeg-vanoggend ervaar on erge reenstorms met sterk wind, donderweer (en haal op plekke), maar die nuus voorspel dat dit teen middernag sal eindig. Die wind is baie sterk en ek raak nogal benoud, veral wanneer die storm met ‘n dik donker wolk oor die rivier aankom... Die rivier water verander in ‘n swart see met rowwe golwe wat oor die rivierbanke spat tot op die snelweg! Wanneer dit by ons huis aankom ruk dit die vensters en vliegskerms so erg dat dit klink of dit gaan breek. Tog is alles nog in orde;) Snaaks hoe mens gewoond kan wees aan JHB se donderstorms, maar bang is vir sterk wind.
Kan jul glo?!, Vrydag word ons babadogtertjie 2, tyd het verby gevlieg en sy het in ‘n pragtige oulike klein dogtertjie verander. Ons hou vir haar ‘n partytjie hierdie Saterdagoggend en het vier van haar maatjies (dogtertjies) genooi om saam pret te hê! Ek was vandag besig om kameelperde op haar “lekkergoed”-sakkies te verf en beplan die eetgoed en gesonde kossies vir die partytjie. Ek gaan ‘n kameelperdkoek maak en hoop alles is ‘n sukses?!
Ons het vir Isabel ‘n pienk prinseskoets bedjie gekoop met pragtige geborduur en apliekwerk vlinderbeddegoed. Ook ‘n oulike uitrusting by Pumpkin Patch vir die partytjie.. (en dit sal volgende jaar ook sal pas).
Laat weet my asseblief hoe dit met julle ook gaan en onthou om in kontak te bly?!
Drukkies,
xoxo

No comments: